Dinsdag 29 Julie 2025

FOTO VAN MAN WAT VAL – Joan Hambidge

 FOTO VAN MAN WAT VAL – Joan Hambidge

KORTVRAE 

1.       Na watter foto word daar in die titel verwys? Sê kortliks. (2)

2.       Gee twee moontlike interpretasies vir die woord 'gekruisig' in reël 3. (2)

3.       Lewer kommentaar op die volgende stelling:

          Dit was oneties van die fotograaf om die vallende man op film vas te lê. (2)

4.       Verduidelik in jou eie woorde hoekom die woorde 'die man' alleen staan as 'n strofe. (1)

5.       Watter woord sê dat die man se identiteit nie onmiddellik bekend was nie? (1)

6.       Daar word na die vallende man as 'n uitroepteken verwys.

6.1     Wanneer word 'n uitroepteken gewoonlik gebruik? (1)

6.2     Hoekom word die man hier letterlik met 'n uitroepteken vergelyk? Sê kortliks. (2)

7.       Ons lees in reël 6 van die oordeelsdag. Watter ander woord – later in die gedig – verwys ook hierna? (1)

8.       Waarom word die man se sprong as 'n 'vlug' beskryf? (1)

9.       Hoekom – dink jy – staan die woorde 'weg … weg' onder mekaar geskryf (1)

10.     Watter drie opeenvolgende woorde in strofe 3 verwys na die dood? (1)

11.     Voltooi deur een woord in te vul. Die dood word vir die man 'n … (1)

12.     Gee een moontlike vraag waarna die 'vele vraagtekens' in reël 13 kan verwys. (1)

13.     In reël 14 word gevra: "wie was hierdie man?" Sê volledig wat die uiteindelike antwoord op hierdie vraag was. (1)

14.     Gee 'n sinoniem uit die gedig vir die woord 'raaisel'. (1)

15.     Verduidelik kortliks waarom die man met die skinker en die bakker in Genesis 40 in die Bybel vergelyk word. (2)

16.     Waarna verwys 'Armageddon' moontlik in die konteks van die gebeure van 11 September 2001? (2)

17.     Hoe het die man daarin geslaag om uiteindelik die dood te 'oorwin'? (1)

18.     Hoekom – dink jy – is die titel van die gedig so kripties – deur byvoorbeeld lidwoorde uit te laat? (1)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking