Dinsdag 29 Julie 2025

FOTO VAN MAN WAT VAL – Joan Hambidge

 FOTO VAN MAN WAT VAL – Joan Hambidge

 ANTWOORDE

1.       'n Koerantfoto van 'n man wat uit die brandende World Trade Center gespring het tydens die tragiese gebeure op 11 September 2001.

2.       Gee twee moontlike interpretasies vir die woord 'gekruisig' in reël 3.

          Dit kan daarop dui dat hierdie man se lewe onnatuurlik beëindig is deur ander bloeddorstige mense (net soos dié van Christus).

          Dit kan ook letterlik verwys na die man wat op hierdie oomblik tussen hemel en aarde hang nadat hy uit die brandende gebou gespring het.

          Dit kan ook verwys na die kruis wat deur 'n kameralens gesien kan word wanneer 'n fotograaf op die objek fokus wat hy wil afneem. (enige twee, of enige ander paslike antwoorde)

3.       Leerders is geregtig op hul eie menings oor die saak, mits hulle in staat is om hulself behoorlik te motiveer. Die antwoord by hierdie vraag behoort nie 'n emosionele reaksie te wees nie, maar 'n weldeurdagte siening.

4.       Wanneer die fotograaf deur sy kameralens kyk, is dit al wat hy kan sien – die man. Die brandende deel van die gebou waaruit die man gespring het, is nie deur die lens sigbaar nie.

5.       'naamlose'

6.1     Wanneer daar sterk emosie in 'n sin teenwoordig is

          / Wanneer dit meer as bloot 'n stelling is wat gemaak word.

6.2     Die vallende liggaam, met een gestrekte been en die kop wat ondertoe wys, herinner aan 'n uitroepteken – (!).

7.       'Armageddon'

8.       Hy het uit die brandende gebou gespring om van 'n pynlike vlammedood te ontsnap.

9.       Dit dui aan hoe die man na benede (grond toe) stort.

10.     'bestaan buite tyd'

11.     verlossing/bevryding

12.     Hoekom het dit gebeur/Wat was die motief vir die aanval?

13.     Hy was Norberto Hernandez van Puerto Rico.

14.     'misterie'

15.     Die skinker se lewe is gespaar, maar die bakker is doodgemaak. Hierdie man het op aarde gesterf, maar in die proses het hy die dood oorwin.

16.     Toe die twee geboue aan die brand geslaan en ineengestort het, het baie mense gedink dat die oordeelsdag aangebreek het en dat dit die einde van die wêreld was.

17.     Deur die breekbaarheid van sy aardse bestaan agter te laat.

18.     Die foto het in 'n koerant verskyn.

          Die titel van die gedig is dus in die kriptiese styl van 'n koerant-opskrif geskryf.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking