VERSVERKENNING 1 VRAEBOEK
Meerkeusige vrae maak gewoonlik deel van enige poësievraestel uit en daarom stel EDUPAGE sodanige bronmateriaal elektronies beskikbaar vir gebruik deur Afrikaans Eerste Addisionele Taal onderwysers.
Ons het bronmateriaal van die tien IEB-gedigte vir 2025 beskikbaar, wat 130 meerkeusige vrae, asook ander poësie-aktiwiteite bevat. Daar is 10 meerkeusige vrae oor elke gedig (inhoud- sowel as struktuurvrae), plus 'n addisionele 30 meerkeusige vrae. Verder is daar ook blokkiesraaisels en woordsoek-aktiwiteite wat vir hersiening gebruik kan word of by eksamen-vraestelle ingesluit kan word.
Die koste vir die gids is R65 en dis aanlyn by Snapplify en ITSI beskikbaar. Dit sluit antwoorde in. Kontak ons gerus ook as jy 'n EDUPAGE pryslys verlang vir besonderhede oor ons ander publikasies.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking