Saterdag 29 Februarie 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 7

Stef lig twee tasse en die trommel sonder inspanning gelyktydig op en bind dit op die dra-rak vas. Die ander tas en die kitaar sit hy agter in die Buggy.

Dan sê hy: "Nou toe, laat ons soen en ry."

1.
Met watter bemoedigende woorde sê sersant Schreuder dat Barries nie moet moed   opgee nie?
2.
Wat besef Barries as hy gereed maak om saam met die barbaar in die Beach Buggy te klim?
3.
Wat haal sersant Schreuder uit haar handsak
3.1
om vir Stef te gee?
3.2
om vir Barries te gee?
4.
Watter twee klagte teen Barries is teruggetrek?
5.
Hoe reageer Stef as Barries sy selfoon wil leen om vir Lizette te bel?
6.
Barries sien sandale en 'n sarong in die Beach Buggy. Aan wie behoort dit en waarteen waarsku Stef hom?
7.
Wat moet Barries doen as die Beach Buggy gaan staan?
8.
Barries het maagkrampe en soek dringend 'n toilet. Wat is al wat Stef hom egter kan aanbied?
9.
Vir wie noem Barries 'n "stuk gemors", en hoe reageer Stef hierop?
10.
Onder watter moeilike omstandighede het Barries se pa grootgeword?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking