Donderdag 28 Februarie 2019

10 VRAE OOR Gebuigde Poskaarte deur René Bohnen

1.
Watter verklaring vir die titel is die onwaarskynlikste?
Die poskaarte is gebuig omdat ...

A
die spreker waarskynlik dikwels daarna kyk.

B
die spreker gebruikte poskaarte in Parys gekoop het.

C
dit moontlik in die spreker se reistas effens beskadig het.

D
poskaarte dikwels die werklikheid "buig" en dinge mooier laat lyk.
2.

Watter aanduiding kry ons dat die spreker se reisgenoot nie veel belangstelling in die besienswaardighede toon nie?
3.
Die Seine-rivier loop deur die stad Parys.

3.1
Van watter brug oor die Seine lees ons in die gedig?

3.2
Op watter ander manier kan 'n mens waarskynlik van die een oewer van die rivier tot by die ander een kom, volgens wat in strofe 3 gesuggereer word?
4.
Twee beroemde plekke van aanbidding word in die gedig genoem. Watter twee is dit?
5.
Die spreker besoek Parys gedurende die winter.

5.1
Haal twee enkele woorde aan wat winter aandui.

5.2
Gedurende watter seisoen sal jy graag Parys wil besoek? Verskaf 'n goeie motivering vir jou antwoord.
6.
In watter woord in die gedig kom al die letters van die naam "Parys" voor?
7.
Wat, dink jy, probeer die spreker hierdeur van Parys sê? Verduidelik kortliks in jou eie woorde.
8.
Haal die reël uit die gedig aan wat 'n parentese bevat.
9.
Haal 'n sinoniem uit die gedig aan vir "kronkel".
10.
Lees strofe 1 en sê watter vokaalklank deurgaans herhaal word (assonansie).




Dinsdag 26 Februarie 2019

10 VRAE OOR "Mamma" kan ek nie sê nie deur Jelleke Wierenga


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

"Wik en weeg" dui die ma se _____ aan of sy moes _____ raak of nie. Die kind het reeds voor sy/haar ____ geweet dat hy/sy 'n _____ baba sou wees. ____ is 'n liefdesterm wat die spreker dus nie kan sê nie. Die spreker hou die _____ indirek hiervoor verantwoordelik.

Die titel is 'n voorbeeld van _____, want dit is nie die _____ wat 'n mens gewoonlik sal gebruik nie. Die _____ aan die einde van die vierde _____ dui aan dat die spreker hierna gaan sê wat hy/sy nou weet. 



10 VRAE OOR Sondagaande deur Fanie Viljoen


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

Van alle dae in die week is 'n _____ moontlik die eensaamste dag, veral die _____. In hierdie gedig is die mense dan in hul ____ terwyl _____ hoog in die lug rondvlieg. Stadig _____ hulle grond toe en gaan sit dan op die _____ buite die mense se _____ vanwaar hulle kan _____ na wat elkeen doen. Die voëls is die rowers en die mense is die _____. "Skerp oë" dui aan dat die voëls _____ is en niks miskyk nie.    



10 VRAE OOR Taylor Swift deur Kobus Grobler


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.
         
Die tienermeisie se pa is die _____ in hierdie gedig. Die woord _____ dui aan dat die meisie die liedjie se woorde baie herhaal. Die liedjie het 'n toon van _____ en die meisie kan met Taylor Swift _____, want sy is ook eensaam. Die meisie het niemand wat gedurende _____ by haar sit nie en by die huis is sy ook _____ wanneer sy op haar bed gaan lê. In die _____ verloor bome hul _____ en die meisie kan dit nou vir die eerste keer verstaan. Dinge in die lewe is ook _____ en kan nie vir altyd duur nie. Die meisie in die gedig se naam is moontlik _____.



Vrydag 22 Februarie 2019

10 VRAE OOR Gebed tot die bome deur Vincent Oliphant

1.
Wie/Wat word in hierdie gedig aangespreek?
2.
"sagmoedige stil monnike" is tegelyk 'n metafoor en personifikasie. Verduidelik hierdie stelling.
3.
Met watter woord in strofe 2 skakel die woord "monnike"?
4.
"julle wat nog nooit 'n hand teen iemand gelig het nie"

4.1
Wat beteken die uitdrukking: om 'n hand teen iemand te lig?

4.2
Watter letterlike betekenis het hierdie woorde in die konteks van die gedig?
5.
Gee 'n sinoniem uit die tweede strofe vir gevoelloos/genadeloos.
6.
In reël 8 vind ons 'n voorbeeld van 'n paradoks. Verduidelik hierdie paradoks.
7.
"julle wat ten spyte van alles ..."
Waarna verwys die woord "alles" hier? Sê kortliks.
8.
Die spreker praat hier van bome wat asem vir hom gee. Waarna verwys hy? Verduidelik kortliks.
9.
In die laaste strofe vind ons 'n verwysing na Adam en Eva wat uit die tuin van Eden verdryf is. Watter wens spreek die spreker in hierdie verband uit? Sê in jou eie woorde.
10.
In reëls 9 en 17 noem die spreker bome sy "vriende". Haal enige twee paslike woorde uit die gedig aan wat eienskappe van hierdie vriende aandui.




Donderdag 21 Februarie 2019

10 VRAE OOR Pa deur Marlise Joubert

1.
Watter stereotipiese beeld bestaan daar van 'n pa, volgens die eerste reël? Verduidelik kortliks in jou eie woorde.
2.
Watter enkele woord in die gedig dui aan dat die spreker se pa nie aan dié stereotipiese definisie voldoen het nie?
3.
Suid-Afrika is 'n land van kontraste, 'n land van uiterstes, soos duidelik blyk uit die tweede strofe. Verduidelik hierdie stelling kortliks.
4.
Watter enkele woord in die derde strofe dui aan dat die spreker se pa reeds dood is?
5.
Kyk na die gebruik van beelde in hierdie gedig en sê dan hoe die spreker se pa moontlik 'n bestaan gemaak het.
6.
Die eerste strofe wemel van lang vokale.

6.1
Watter effek het die lang vokale by die lees van dié strofe?

6.2
Hoekom, dink jy, maak die spreker so kwistig gebruik van hierdie lang vokale?
7.
Haal elke keer 'n enkele werkwoord uit die gedig as antwoord aan: As dit gereën het, het dit die pa laat _____ en as daar droogte was, het dit hom laat _____
8.
Kies die regte antwoord uit die moontlikhede hieronder:
"die knettervuur van son" is 'n voorbeeld van

A
metafoor

B
alliterasie

C
eufemisme

D
vergelyking
9.
Hoekom, dink jy, is die laaste vier reëls kursief gedruk?
10.
Watter tragiese gebeure kan "die laaste brief" moontlik aandui?