Donderdag 27 Februarie 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 6

"Dit klink of Ma hom eintlik nog wil hê." Hy sien hoe sy die stuurwiel stywer vasklou. "Ma kan hom weer vat. Moet net nie dieselfde van my verwag nie. Ek voel vere vir hom."

"Hy was darem vir vyf jaar jou pa," antwoord sy vinnig.

1.
Watter herhaaldelike nagmerrie kry Barries gedurende die nag?
2.
Barries gaan vir ses weke na sy pa toe. Hoekom pak sy ma egter al sy besittings in?
3.
Op pad na die bus toe probeer Barries se ma sy pa verdedig. Wat sê sy?
4.
Hoe kon Barries se pa 'n plaas by die see bekostig?
5.
Hoekom sal Barries nie op pad Kaap toe kan ontvlug nie?
6.
Volgens Barries lyk sersant Schreuder nie of sy 'n polisievrou kan wees nie. Hoekom nie?
7.
Wat vertel Barries vir sersant Schreuder van homself?
8.
Wat vertel sersant Schreuder vir Barries van
8.1
haar gesin?
8.2
haar verloofde?
9.
Barries dink kaptein Mfeka hou nie van hom nie. Hoe verdedig sersant Schreuder die kaptein egter? Sê kortliks.
10.
In watter Oos-Kaapse dorp moet Barries van die bus afklim?


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking