Maandag 01 September 2025

SONVANGER (liriek) – Valiant Swart

SONVANGER (liriek) – Valiant Swart

Titel

In die gedig praat die spreker die hele tyd met die sonvanger. ʼn Sonvanger is ʼn voorwerp wat die strale van die son weerkaats; spieëlglas of kristal word dikwels hiervoor gebruik. Dan word dit gewoonlik voor ʼn venster opgehang om die gekaatste sonlig tot binne-in die kamer te bring. Die son speel ʼn primêre rol in hierdie gedig en die sonvanger is die instrument wat gebruik word om hierdie lig tot in die donkerste hoekie van die kamer (hier die siel) te laat skyn. Die woord "son" word telkens in hierdie liriek beklemtoon deur die lang, uitgerekte note van die musiek.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking