EK HET 'N HUISIE AAN DIE RAND – Pirow Bekker
INHOUDSOPGAWE
10 VRAE
ANTWOORDE
VRAE
Om hierdie gedig beter te verstaan, is dit noodsaaklik om vertroud te wees met H A Fagan se Ek het 'n huisie by die see. Die gedig is vrylik op die internet en in verskeie digbundels beskikbaar.
Die tradisionele Engelse sonnet is deur die beroemde William Shakespeare geskep en het 'n spesifieke versbou. Dit bestaan uit 14 versreëls (dieselfde as die Italiaanse sonnet), maar die strofes is verdeel in drie kwatryne (4 reëls elk) en 'n rymende koeplet (2 reëls) aan die einde. Die rymskema van die tradisionele Engelse sonnet is soos volg: ABAB CDCD EFEF GG
Die Engelse sonnet het 'n jambiese versmaat en elke reël bestaan uit tien-lettergrepige versvoete.
|
1. |
In watter versreëls van 'n Engelse sonnet is die kerngedagte geleë? |
|
2. |
Wat noem 'n mens 'n strofe wat uit vier versreëls bestaan? |
|
A. |
'n oktaaf |
|
B. |
'n kwatryn |
|
C. |
'n tersine |
|
D. |
'n sestet |
|
3. |
Na watter "Rand" verwys die titel van die gedig? |
|
4. |
Noem twee dinge wat die spreker gedoen het om seker te maak dat die buitekant van sy erf veilig is. |
|
5. |
Noem twee dinge wat hy binne-in die huis aangebring het om seker te maak dat sy eiendom veilig is. |
|
6. |
Waarna verwys die volgende: "rubberbande snerp op teer"? |
|
7. |
In Ek het 'n huisie by die see lees ook van ruite. Hoe verskil dit van die ruite in hierdie gedig? |
|
8. |
Ten spyte van al die gevare en misdaad in die omgewing, is dit vir die spreker steeds lekker om daar te woon. Watter woord impliseer dat hy nêrens anders wil woon nie? |
|
9. |
Voldoen hierdie gedig aan die onderstaande vereistes van 'n tradisionele Engelse sonnet? Antwoord slegs Ja of Nee. |
|
9.1 |
aantal versreëls? |
|
9.2 |
strofe-verdeling? |
|
9.3 |
rymskema? |
|
9.4 |
tien jambiese versvoete? |
|
10. |
Gee 'n goeie voorbeeld van repetisie uit die gedig en sê wat die funksie van die herhaling is. |
ANTWOORDE
|
1. |
In reël 13 en 14 (die slotkoeplet) |
|
2. |
B: 'n kwatryn |
|
3. |
Die Witwatersrand in Gauteng |
|
4. |
Hy het 'n hoë muur rondom sy erf gebou. Hy het 'n (geëlektrifiseerde) draad bo-op die muur gespan. |
|
5. |
Hy het 'n veiligheidsdeur/veiligheidshek geïnstalleer. Hy het 'n alarmstelsel geïnstalleer. |
|
6. |
Misdadigers jaag met skreeuende motorbande van die misdaadtoneel af weg. |
|
7. |
In Ek het 'n huisie by die see weerstaan die ruite die mag van die storm. In hierdie gedig word die ruite deur misdadigers stukkend geslaan. |
|
8. |
"paradys" |
|
9.1 |
Ja |
|
9.2 |
Ja |
|
9.3 |
Nee |
|
9.4 |
Ja |
|
10. |
"tot hier dring niemand, maar niemand deur" Die spreker beklemtoon met die herhaling van die woord "niemand" dat hy vasbeslote is om nie toe te laat dat iemand sy veiligheid bedreig nie. |